Dié koek is perfek vir mense wat vir koringmeel en gluten allergies is
Deur SUZANNE CROZIER en MARLO KITSHOFF-CARSTENS Foto ANDREA CALDWELL
8 porsies
Bestanddele
750 ml (3 k) amandelmeel
250 ml (1 k) klappermeel
2,5 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) koeksoda
125 ml (½ k) olie
125 ml (½ k) heuning
1 suurlemoen se sap en skil
3 groot eiers
425 g (1 blik) kersies, gedreineer
VERSIERSEL
250 ml (1 k) dubbeldik jogurt
30 ml (2 e) heuning
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Meng droë bestanddele.
- Verhit olie en heuning tot heuning gesmelt is. Voeg suurlemoensap en -skil by.
- Klits eiers en gooi saam met heuningmengsel in groot mengbak. Voeg droë bestanddele by en roer deur.
- Halveer helfte van kersies en roer liggies by koekmengsel.
- Spuit ronde losboomkoekpan van 20 cm in deursnee met kossproei en voer met bakpapier uit. Spuit weer met kossproei.
- Skep beslag in koekpan en bak vir 45 tot 50 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Koek kan ná helfte van baktyd met foelie bedek word indien dit te donker bo-op bak.
- Versiersel Meng alles en skep bo-oor afgekoelde koek. Versier met oorblywende helfte van kersies.