Maak kerriemaalvleis vir die middel van die week waaroor almal gaande sal wees
4 porsies
Bestanddele
KERRIEMAALVLEIS
bietjie olie 2 uie, gekap
5 ml (1 t) matige kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
600 g maer beesmaalvleis
60 ml (4 e) kookwater
½ blokkie beesvleisaftreksel
60 ml (4 e) blatjang
5 ml (1 t) worcestersous
250 ml (1 k) gevriesde gemengde groente
KOOL
bietjie olie
1 ui, fyngekap
½ kool, fyngekerf
1 klein wortel, geskil en grofgerasper
sout en peper na smaak
Metode
1Kerriemaalvleis Verhit bietjie olie en soteer uie tot sag.
2 Voeg kerriepoeier, borrie en maalvleis by. Soteer tot maalvleis los van mekaar en nie meer pienk is nie.
3 Voeg oorblywende bestanddele by. Plaas kastrol se deksel op en laat oor medium hitte vir 15 minute prut.
4 Kool Maak solank kool gaar terwyl maalvleis prut.
5 Verhit kastrol tot warm en soteer ui effens, voeg dan kool en wortel by en soteer tot gaar. Die kool moenie heeltemal pap wees nie.
6 Geur na smaak met sout en peper.
7 Verdeel kool tussen opdienbakkies en skep kerriemaalvleis bo-op.
8 Sit warm voor.