Kerriehoender bly ’n gunsteling
2 porsies
BESTANDDELE
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) fyn knoffel
2,5 ml (½ t) fyn gemmer
7,5 ml (1½ t) kerriepoeier
sout en peper
4 hoenderdye sonder vel
80 ml (1/3 k) room
4 groot tortillas
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
METODE
1 Verhit olie en braai ui tot sag. Gooi knoffel en gemmer by en braai tot geure loskom.
2 Gooi kerriepoeier by uiemengsel en braai verder.
3 Geur hoender met sout en peper en voeg by kerriemengsel. Braai tot hoender bruin is. Gooi 60 ml water by en laat kook met deksel op tot hoender gaar is.
4 Haal hoender uit en vlok fyner. Voeg gevlokte hoender terug by uiemengsel.
5 Gooi room by en laat kook tot verdik.
6 Sit een tortilla op bakplaat en sprinkel met kwart van kaas. Sit helfte van hoendermengsel op tortilla en sprinkel kaas bo-op. Sit nog ’n tortilla bo-op hoendermengsel.
7 Bak tortilla-toebroodjie onder roosterelement tot net begin verkleur, draai om en verbruin ander kant.
WENK Bedien met slaai
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.