Met ’n kerriehoender-pasta sal jy selfs die wat nie van pasta hou nie, oortuig
4 porsies
BESTANDDELE
500 g tagliatelle-pasta
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn gemmer
15 ml (1 e) kerriepoeier
4 hoenderborsies
250 ml (1 k) room
500 ml (2 k) aftreksel
250 ml (1 k) bevrore ertjies
METODE
1 Kook pasta in borrelende soutwater tot net sag, dreineer en hou eenkant.
2 Braai ui, knoffel en gemmer in bietjie olie tot sag. Roer kerrie by.
3 Sny hoender in repies en braai saam met uie tot goudbruin.
4 Roer room en aftreksel by en kook tot hoender gaar is.
5 Roer ertjies by en bring weer tot kookpunt. Gooi sous oor pasta en bedien dadelik.
WENK
Hou bietjie van die pastawater oor en gebruik dit om die sous te verdun indien nodig
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.