Maak hierdie maklike en vinnige kerriebotterskorsiesop waaraan die gesin sal smul
Deur SUZANNE CROZIER Foto’s ELMARIE KNAPTON
4–6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
1 kg (2 pakke) gesnyde botterskorsie
15 ml (1 e) kerriepoeier
1 ℓ (4 k) groente-aftreksel
sout en peper
125 ml (½ k) room
Metode
- Verhit olie en soteer ui tot sag. Voeg botterskorsie by en braai vir paar minute.
- Voeg kerriepoeier by en braai verder. Giet aftreksel by en kook tot pampoen gaar is.
- Verpulp mengsel in voedselverwerker tot glad. Giet terug in pot en geur met sout, peper en room.
- Bring tot kookpunt en bedien met vars brood.