Hierdie kerrie en rys is ’n heerlike weeksaand-gereg
Soek jy meer vleisgeregte? Klik hier vir ál ons vis- en vleisresepte
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
500 g beesmaalvleis
60 ml (4 e) blatjang
15 ml (1 e) witasyn
10 ml (2 t) matige kerriepoeier
2,5 ml (½ t) borrie
2,5 ml (½ t) fyn komyn
15 ml (1 e) suiker
2,5 ml (½ t) sout
knypie swartpeper
250 ml (1 k) gevriesde gemengde groente
15 ml (1 e) koekmeel
80 ml (1/3 k) water
Rys
250 ml (1 k) witrys
1,5 l (6 k) kookwater
5 ml (1 t) sout
Metode
- Verhit olie en soteer ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is.
- Voeg maalvleis by en roer tot dit los van mekaar en nie meer pienk is nie.
- Voeg blatjang, witasyn, kerrie, borrie, komyn, suiker, sout en swartpeper en gemengde groente by. Roer deur en laat vir 5 minute kook.
- Meng koekmeel en water tot pasta en voeg by maalvleismengsel. Roer goed.
- Plaas kastrol se deksel bo-op en laat oor lae hitte vir 5 minute prut.
- Rys Plaas witrys en sout saam in glasbak.
- Voeg kookwater by en plaas in mikrogolf vir 15 minute op hoog.
- Haal uit mikrogolf en laat staan vir 15 minute tot rys uitgeswel is. Plaas weer in mikrogolf vir 15 minute op hoog.
- Dreineer rys en sit deksel op. Laat vir 10 minute voor opdiening staan.