Ons almal ken iemand wat mal is oor kerrie-eiers! Hoekom maak jy dit nie vir hulle nie?
6 porsies
Bestanddele
KERRIESOUS
60 ml (4 e) botter
2 uie, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
15 ml (1 e) matige kerriepoeier
30 ml (2 e) blatjang
10 ml (2 t) borrie
30 ml (2 e) koekmeel
30 ml (2 e) asyn
15 ml (1 e) bruinsuiker
375 ml (½ k) volroommelk
EIERS
750 ml (3 k) gaar bruinrys of witrys
12 hardgekookte eiers, afgedop
LEES OOK: Als oor eiers
Metode
- Kerriesous Soteer uie en knoffel in botter tot sag.
- Maak pasta van kerriepoeier, blatjang, borrie, koekmeel, asyn en suiker. Voeg bietjie water by indien jy sukkel om pasta mooi glad te kry.
- Roer kerriepasta by uie en voeg bietjies melk op ’n slag by om dikkerige sous te vorm. Roer tot sous glad is. Kook tot sous verdik, ongeveer vyf minute.
- Eiers Skep rys in opdienbord.
- Sny eiers in kwarte en plaas op rys. Giet kerriesous oor.
- Sit warm voor.