Tobanyaki is ’n keramiekplaat met ‘n kleipot. Maak dié interessante resep om jou gaste te beïndruk.
Bestanddele
150 g beesfilet
seesout en varsgemaalde swartpeper
Shitake-sampioene, stele verwyder
1 e (15 ml) botter
3 geblansjeerde groenboontjies
3 geblansjeerde mange touts (suikerertjies in hul dop)
1 geskilde geblansjeerde klein wortel
1 klein bossie Enoki-sampioene
20 g Eryngi-sampioene
20 g Shimeji-sampioene
2 e (30 ml) sake
1 e (15 ml) sojasous
1 e (15 ml) Yuzu-sous
Metode
1. Maak die Tobanyaki-keramiekplaat oor warm hitte warm.
2. Besprinkel filet met sout en peper en seël elke kant van vleis. Laat vleis rus en sny dan in skywe.
3. Braai Shitake-sampioene vinnig oor hoë hitte en braai res van sampioene in olyfolie.
4. Smeer botter oor warm Tobanyaki, stapel sampioene, groente, vleis en shitakes by. Gooi sake, sojasous en Yuzu-sous oor.
5. Moenie vleis laat uitdroog nie – bedien dus onmiddellik.
6. Die groente kan ook met gaar aartappelwiggies en broccoli aangevul word.