Karringmelkvetkoek is ’n lekker variasie van gewone vetkoek
Bestanddele
6 tot 8 porsies
500 g (4 k) koekmeel
500 ml (2 k) karringmelk
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) kremetart
7,5 ml (1½ t) sout
15 ml (1 e) strooisuiker
45 ml (3 e) sagte botter
750 ml (1 bottel) olie vir diepvetbraai
Metode
- Sif meel in mengbak.
- Meng karringmelk, koeksoda, kremetart, sout en suiker en giet by meel. Roer tot goed gemeng. Voeg bietjie koekmeel by as deeg aan hande vasklou.
- Werk sagte botter met hande by deeg in. Knie vir vier minute tot hanteerbare deeg.
- Bedek mengbak met kleefplastiek. Plaas op warm plek en laat rys vir een uur.
- Breek deeg in stukkies en braai in warm olie tot goudbruin en gaar.
- Sit voor soos verkies.