Maak karringmelk-en-kruie-hoender vir aandete!
4 porsies
Bestanddele
250 ml (1 k) karringmelk
30 ml (2 e) olie
5 ml (1 t) knoffel, gekap
60 ml (¼ k) vars pietersielie, fyngekap
15 ml (1 e) basiliekruid, fyngekap
10 ml (2 t) Portugese speserye
2,5 ml (½ t) knoffelsout
varsgemaalde peper
4 hoenderdye
4 hoenderboudjies
Metode
- Roer karringmelk, olie, knoffel, kruie en speserye goed saam in mengbak.
- Plaas hoender in marinade en los oornag.
- Stel oond op 180 °C. Plaas hoender in oondbak en bak vir 40 minute of tot hoender gaar is.
- Bedien met pastarys.