Bestanddele
KORS
312 ml (1¼k) koekmeel
125 ml (½ k) klapper
125 g (¼ blok) botter
125 ml (½ k) strooisuiker
VULSEL
397 g (1 blik) kondensmelk
45 ml (3 e) gouestroop
125 ml (½ k) strooisuiker
60 ml (4 e) botter
SJOKOLADEBOLAAG
250 g wit sjokolade
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Kors: Sif koekmeel en roer klapper daarby in.
2. Smelt botter en suiker saam in kastrol en roer tot suiker gesmelt is.
3. Voeg bottermengsel by meelmengsel en roer tot ’n deeg vorm.
4. Druk deeg in gesmeerde vierkantige bak of pan wat met bakpapier gevoer is, vas. 5. Bak vir 25 min. of tot goudbruin.
6. Vulsel: Meng bestanddele vir vulsel bymekaar en kook oor lae hitte tot begin kook. Giet vulsel oor gebakte koeklaag en plaas weer terug in oond vir nog 20 min.
7. Laat eenkant tot heeltemal afgekoel.
8. Sjokoladebolaag: Smelt sjokolade oor dubbelkoker of in mikrogolfoond teen 70% krag. Smeer gesmelte sjokolade bo-oor.
9. Sny in blokkies wanneer sjokolade gestol het.
10. Berg in yskas.