Vla gemaak van gekookte kondensmelk is die geheim van hierdie tert. Maak dit en pasop dat jy nie die hele tert alleen opeet nie!
Piesangtert
1 tert
BESTANDDELE
1 ℓ (4 k) melk
1,25 ml (¼ t) sout
90 ml (6 e) suiker
125 ml (½ k) vlapoeier
2 blikke gekookte kondensmelk
2 pakke tennisbeskuitjies
8 piesangs, in skyfies gesny
1 suurlemoen se sap
250 ml (1 k) room
1 x Flake-sjokolade
METODE
1 Bring melk, sout, suiker en vlapoeier tot kookpunt.
2 Voeg gekookte kondensmelk by en kook tot dik. Haal van stoof af en laat vlamengsel afkoel.
3 Pak twee lae soos volg in tertbak van 28 cm x 20 cm: laag tennisbeskuitjies, laag vlamengsel en laag piesangs, sprinkel die piesangs met suurlemoensap. Herhaal vir tweede laag.
4 Klop room styf en spuit bo-op, krummel sjokolade bo-oor.
5 Plaas tert in yskas en laat stol.
6 Sit koud voor.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.