16 blokkies
Bestanddele
BROSBROODKORS
375 ml (1½ k) koekmeel
15 ml (1 e) vlapoeier
15 ml (1 e) mielieblom
2,5 ml (½ t) bakpoeier
100 g (1/5 blok) botter
15 ml (1 e) melk
1 eier
KARAMELLAAG
60 ml (4 e) botter
125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
45 ml (3 e) gouestroop
30 ml (2 e) bruismeel
200 g (2 x 100 g-pak) macadamia¬neute, grof gekap
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Brosbroodkors: Sif meel, vla, mielieblom en bakpoeier.
2. Vryf botter by meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk.
3. Klits melk en eier. Meng by meelmengsel tot deeg vorm.
4. Druk deeg in ronde losboomkoekpan met 22 cm-deursnee vas wat met bakpapier gevoer is.
5. Prik kors met vurk en bak vir 15 min. tot goudbruin.
6. Karamellaag: Smelt botter in kastrol. Voeg oorblywende bestanddele, behalwe neute, by. Roer vir 5 min, tot suiker opgelos en mengsel glad is. Moenie mengsel te lank kook nie, anders kan dit versuiker.
7. Sprinkel neute bo-oor kors.
8. Gooi karamelmengsel oor neute en bak vir 20 min.
9. Laat afkoel en sny in skywe.