Kammasjokoladetruffels
ongeveer 36 balletjies
Bestanddele
500 ml (2 k) versiersuiker
90 ml (6 e) kakao
200 g (1 pakkie) Romany Creams, gekrummel
125 ml (½ k) klapper
125 g (¼ blok) botter, gesmelt
125 ml (½ k) fyn appelkooskonfyt
10 ml (2 t) likeur van jou keuse
200 g (1 groot plak) donkersjokolade, gesmelt
Metode
1. Sif versiersuiker en kakao. Roer koekiekrummels en klapper by.
2. Plaas botter, konfyt en likeur in kastrol en verhit tot gesmelt. Meng by koekiemengsel en vorm balletjies met jou hande.
3. Plaas balletjies in yskas tot hard.
4. Doop balletjies in gesmelte sjokolade en plaas op bakplaat wat met waspapier gevoer is tot gestol.