ongeveer 24 porsies
Bestanddele
bietjie olie
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
500 g (2 x 250 g-bakkies) laevetmaaskaas
250 ml (1 k) cheddarkaas, fyn gerasper
2,5 ml (½ t) Dijon-mosterd
2,5 ml (½ t) Worcestershiresous
45 ml (3 e) vars pietersielie, gekap
15 ml (1 e) vars basiliekruid, gekap
5 grasuie, gekap
6 calamata-olywe, fyn gekap
knypie rooipeper
15 ml (1 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) gelatien
30 ml (2 e) water
AFRONDING
125 ml (½ k) papawersaad
soutbeskuitjies
Metode
1. Verhit bietjie olie en soteer knoffel tot gaar. Hou eenkant om af te koel.
2. Voeg oorblywende bestanddele, behalwe gelatien en water, by afgekoelde knoffel. Meng goed.
3. Spons gelatien in water. Laat smelt oor kookwater en roer by kaasmengsel.
4. Afronding: Sprinkel papawersaad onderin vorm of individuele bakkies. Skep kaasmengsel in vorm of bakkies. Plaas oornag in yskas.
5. Keer op opdienbord uit.
6. Sit saam met soutbeskuitjies voor.