Bederf jou mense met hierdie lekker kaasstokkies!
20 stokkies
Bestanddele
1 rol blaardeeg
125 ml (½ k) gerasperde kaas
5 ml (1 t) gerookte paprika
60 ml (¼ k) gesmelte botter
sout en peper na smaak
Metode
Verhit oond tot 200 °C en berei bakplaat voor.
- Sny deeg in lengte in helfte.
- Strooi gerasperde kaas oor eerste helfte van blaardeeg en sprinkel gerookte paprika oor kaas.
- Sit ander helfte van blaardeeg oor kaashelfte om kaas te bedek en druk liggies vas.
- Sny deeg in 20 ewe groot repe.
- Draai stokkies reep vir reep en druk punte vas. Pak stokkies op bakplaat.
- Smeer gesmelte botter oor gedraaide stokkies.
- Strooi liggies met sout en peper.
- Bak vir 15–20 minute tot goudbruin en gaar.