’n Tuisgemaakte burger smaak sommer net soveel lekkerder. Hier is die resep vir ’n lekker kaassous
4 porsies
Bestanddele
250 ml (1 k) melk
25 ml (1 e + 2 t) botter
25 ml (1 e + 2 t) koekmeel
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
80 ml (1/3 k) parmesaankaas
sout en peper
Metode
- Verhit melk tot kookpunt en hou eenkant.
- Smelt botter in kastrol en roer meel by.
- Voeg melk bietjie vir bietjie by en roer goed ná elke byvoeging. Hou so aan tot melk op is. Geur en bring sous tot kookpunt vir een minuut.
- Roer kaas by.