Het jy al ooit ’n soufflé gemaak? Dit is nie so moeilik soos almal dink nie. As jy ’n goeie witsous kan maak en eierwitte styf kan klits, kan jy soufflé maak.
WITSOUS
60 ml (4 e) botter
60 ml (4 e) koekmeel
250 ml (1 k) volroommelk
1 ml sout
swartpeper na smaak
SOUFFLÉ
4 eiers, geskei
250 ml (1 k) witsous
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
15 ml (1 e) parmesaankaas
knypie rooipeper
Stel oond op 180 °C.
- Witsous Smelt botter in kastrol. Roer koekmeel by tot gemeng. Roer melk stadig by en kook drie tot vyf minute lank oor lae hitte tot sous glad en dik is. Geur met sout en peper.
- Soufflé Klits eiergele en voeg by witsous. Roer kase en rooipeper by.
- Klits eierwitte tot styf en vou by witsousmengsel in.
- Verdeel soufflémengsel tussen vier middelslag-ramekinbakkies (ongesmeer).
- Plaas ramekinbakkies in oondpan en vul oondpan met water tot hulle halflyf in water staan.
- Bak vir 45 minute tot goudbruin.
- Sit dadelik voor.