Vars skons is vinnig om te maak en ’n heerlike tusseninhappie wat jy sommer werk toe kan inpak
Deur MARLO CARSTENS
12 skons
Bestanddele
625 ml (2½ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
1 ml sout
15 ml (1 e) strooisuiker
125 g (¼ blok) botter
500 ml (2 k) cheddar, fyngerasper
30 ml (2 e) melk
1 ekstragroot eiers
187 ml (¾ k) natuurlike jogurt
LEES OOK: Suurroomskons
Metode
Stel oond op 200 °C.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout. Roer strooisuiker by.
- Vryf botter by meelmengel in tot mengsel soos broodkrummels lyk.
- Voeg kaas by meelmengsel en meng met hande deur sodat dit goed deur meelmengsel versprei is.
- Klits melk en eier tot goed gemeng. Roer jogurt by.
- Meng jogurtmengsel by meelmengsel tot deeg vorm.
- Sprinkel meel op werkoppervlak en druk deeg daarop tot ongeveer 2 cm dik.
- Druk skons met 6 cm-deursnee uit deeg.
- Plaas op gesmeerde bakplaat en verf bietjie melk bo-oor.
- Bak vir 12 tot 15 minute of tot goudbruin.