Maak interessante kaasmuffins!
4 porsies
Bestanddele
8 hardgekookte eiers
500 ml (2 k) meel
500 ml (2 k) gerasperde cheddarkaas
1 60 ml (2/3 k) gerasperde parmesaankaas
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml (2 t) gedroogde pietersielie
10 ml (2 t) gemengde kruie
5 ml (1 t) knoffelsout
500 ml (2 k) melk
2 eiers
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Haal doppe van eiers af en hou eenkant.
- Meng meel, kase, bakpoeier, kruie en sout goed saam.
- Klits melk en eiers met vurk en voeg by meelmengsel.
- Roer tot net gemeng. Moenie oormeng nie.
- Skep eetlepel vol van mengsel in gesmeerde muffinpan. Druk hardgekookte eier in middel en skep nog mengsel oor tot eier toe is.
- Bak vir 20 minute of tot gaar en goudbruin. Bedien warm.
Wenk
Bedien met gerasperde kaas, botter en Marmite