Jou mense sal beslis mal wees oor hierdie kaaskoek-Paaseiers!
6-8 porsies
Bestanddele
250 g (1 bakkie) gladde roomkaas
198 g (½ blik) kondensmelk
30 ml (2 e) vars suurlemoensap
5 ml (1 t) vanieljegeursel
100 ml (6 e + 2 t) grenadellapulp
8 harde wit paaseiers met sjokolade binne-in
Metode
- Skep roomkaas in mengbak en klits met elektriese klitser tot glad.
- Voeg kondensmelk by en klits weer tot gemeng.
- Voeg suurlemoensap by en klits weer. Mengsel moet nou begin dik word. As dit nie dik word nie, voeg nog bietjie suurlemoensap by.
- Roer vanieljegeursel by en plaas in yskas.
- Sny bokant van paaseiers met skerp getande messie oop. Behou dekseltjie.
- Giet kaaskoekmengsel in paaseiers en laat in yskas stol. Vorm effense holte in bokant van kaaskoekmengsel.
- Skep van grenadellapuree op kaaskoekmengsel sodat dit soos ‘n regte eier lyk.
- Sit dekseltjie weer op en bedien.