Maak hierdie heerlike kaas-en-spek-broodkoekin ’n japtrap. Dié resep werk goed as jy vir baie mense ontbyt moet gee
1 groot koek
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
2 50 g (1 pak) streepspek, in blokkies gesny
10 ml (2 t) gedroogde pietersielie
5 ml (1 t) gedroogde gemengde kruie
6 eiers
knypie swartpeper
1 750 ml (7 k) baguette, in blokkies gesny
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
250 ml (1 k) mozzarellakaas
312 ml (1 ¼ k) volroommelk
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Verhit olie en braai uie effens. Roer spek, pietersielie en kruie by en braai tot spek gaar is. Laat afkoel.
- Klits eiers. Voeg eiers en oorblywende bestanddele by spekmengsel. Roer tot gemeng, maar nie te veel nie. Laat vir ongeveer 15 minute staan om vloeistof te absorbeer.
- Spuit losboomkoekpan (22 cmdeursnee) met kossproei en giet mengsel daarin. Sprinkel nog kaas oor indien verkies.
- Bak vir 25 tot 30 minute of tot in middel gestol. Sit louwarm of teen kamertemperatuur voor.