’n Lekker kaas-en-maalvleis-pastagebak vir aandete!
4 porsies
Bestanddele
500 g (1 pak) pasta
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel
bietjie olie
500 g maalvleis
sout en peper
5 ml (1 t) rooivleisspeserye
5 ml (1 t) Italiaanse kruie
300 g (1 bottel) tamatiepastasous
bietjie water
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas
80 ml (1/3 k) gerasperde parmesaankaas
80 ml (1/3 k) broodkrummels
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Kook pasta in borrelende soutwater tot net sag. Dreineer en spoel met koue water af.
- Verhit olie en braai ui en knoffel tot sag. Skep uit en hou eenkant.
- Braai maalvleis tot goudbruin. Skep uie terug. Roer kruie en speserye by en braai verder.
- Gooi pastasous en bietjie water by en laat effe kook.
- Verdeel pasta in derdes. Sit een derde onder in glasoondbak. Gooi derde maalvleismengsel bo-op gevolg deur derde van kase. Herhaal proses en eindig met laag kaas en broodkrummels.
- Bak vir 30 minute of tot kaas goudbruin is. Bedien met slaai.