Muratie-span se resep
Kaapse Maleier lamskerrie voorgesit saam met ? salsa en piesang jogurt.
Lewer 6 porsies
Bestanddele
1 kg lamsvleis
2 eetlepels Lalla’s masala vir lamsvleis
2 eetlepels groen gemmer/knoffelsmeersel
1 gelyk teelepel sout
1 teelepel borrie
10 kerrieblare
6 kardamomsade
5 kaneelstokkies
5 bhadia-kaneelstokkies
5 naeltjies
1 teelepel komyn
1 teelepel dhania-poeier
2 eetlepels olie om mee te meng
2 medium grootte uie
2 tamaties
Vars gekapte dhania
1 teelepel garam-masala
1½ piesangs gesny
1 koppie karringmelk
1 koppie appelkooskonfyt
METODE
Braai uie in 4 eetlepels olie met masala, borrie, fyngemaalde groen gemmer/knoffelsmeersel, sout en die sade bv naeltjies, kaneel ens. Vryf die dhania en jeera-poeier in die vleis in. Wanneer uie goudbruin is, voeg die vleis saam met die kerrieblare by. Stowe vir 5-10 minute en kook daarna op medium hitte. Voeg tamaties en aartappels by indien nodig. Voeg garam-masala en dhania blare 30 minute later by. Voeg tot 1½ koppies by indien nodig.
? Heerlike kerrie is nou reg om voorgesit te word saam met die salsa en piesang jogurt.
SALSA
1 rooi uit fyngesny
1 klein komkommer gesny
4 eetlepels bruinasyn
2 eetlepels suiker
1 teelepel sout
Vars ment
Week die ui in die asyn, suiker en soutoplossing vir ? paar minute, voeg dan die gesnyde komkommer by. Voeg ? teelepel vars gebreekte ment by net voor opgedien word.
PIESANG JOGURT
Sny 3 ryp, ferm piesangs in skywe
Meng met ? koppie Griekse Jogurt