Du Toitskloof-span se resep
Kaapse Maleier lamskerrie voorgesit met pynappel sambal en dhania blatjang.
Porsie vir 4 lamskenkels
Bestanddele
MARINADE:
½ koppie appelasyn
¼ koppie olie
1½ eetlepel garam-masala
2 eetlepels balsamiese asyn
2 teelepels sout
Roer goed en marineer lamskenkels oornag.
Verwyder lamskenkels van marinade, hou die marinade eenkant.
Voeg growwe sout mildelik by aan albei kante.
Verhit oond na 230°C, plaas lamskenkels in ? oop braaipan, bak vir 20-25 minute om vleis te seël.
NAT MENGSEL:
1 ui gekap
1 koppie kersietamaties
? koppie gesnyde gemmer
8 huisie knoffel, geskil
½ koppie water
Meng al die bestanddele saam, hou eenkant.
SPESERYMENGSEL:
1 ui gekap
3 eetlepels geklaarde botter
Braai tot bruin
Voeg by:
1 telepel gemaalde swart peper
1 telepel mosterdsaad
1 teelepel paprika
1 teelepel kaneel
1 teelepel komyn
1 teelepel garam-masala
1 teelepel borrie
1 teelepel gemaalde koljander
4 naeltjies
3 kardemomsade
? Knypie brandrissie-vlokkies
Braai saam met uie tot geurig
Voeg nat mengsel by
Voeg marinade by, verhit tot mengsel kook en voeg vleis by
Voeg die skil van een lemoen by
Voeg 4 teelepels bruinsuiker by
Voeg ? ½ koppie hoenderaftreksel by
Voeg ½ koppie witwyn by
Kook stadig vir 3 ure tot die vleis sag is
Geur met sout en peper
? Heerlike kerriegereg is nou reg om voorgesit te word met ? pynappel sambal en dhania blatjang
PYNAPPEL SAMBAL
1 medium pynappel
2 groen brandrissies
10 ml suiker
2 ml komyn
Meng in vermenger
DHANIA CHUTNEY
1 bossie dhania blare
2 groen brandrissies
1 rooi soetrissie
2 huisies knoffel
1 tamatie
2 ml sout
60 ml vars suurlemoensap
2 ml komyn
Meng in vermenger
2013-10-19