Drostdy-Hof se Adelpracht is ’n spesiale laatoeswyn. Dit is vrugtig, vars en heuningagtig – ideaal saam met ’n tradisionele Kaaps-Maleise kerrie
1 groot vrylopende hoender – ontvel, ontbeen en in 2cm-blokkies gesny
½ koppie meelblom
5 t masala
1 t borrie
1 t paprika
1 t gemaalde kaneel
2 t kerriepoeier
1 steranys
4 kardemompeule
1 t gemaalde komyn
1 t gemaalde koljandersaad
2 lourierblare
1 “bird’s eye”-brandrissie, fyn gekap
30 ml sonneblomolie
klont botter
2 groot uie, gekap
5 knoffelhuisies, gekap
1 duimgrootte stuk vars gemmer, fyn gekap
1 blik (410g) heel geskilde tamaties
150 ml klappermelk
10 g vars koljander, gekap
sout
swartpeper
1 Meng meel en masala en voeg sout en peper by na smaak.
2 Bedek hoenderstukke met meelmengsel en skud oortollige meel af.
3 Gooi al die speserye in bak.
4 Verhit olie en botter in groot pot oor hoë hitte.
5 Braai hoenderstukke tot ligbruin. Verwyder en hou eenkant.
6 Indien nodig, voeg bietjie olie by en braai uie, knoffel en gemmer tot deurskynend.
7 Gooi speserye in pot en braai vir ’n minuut om geure vry te stel.
8 Voeg tamaties en ’n koppie water by speserye en roer tot dik sous vorm.
9 Voeg hoender by en bring tot kookpunt. Voeg meer water by indien nodig.
10 Prut vir sowat 45 minute tot hoender gaar is.
11 Sodra hoender gekook is, voeg klappermelk en koljander by. Indien nodig, voeg nog sout en peper by.
12 Bedien met basmati-rys en sambal en ’n glas koue Drostdy-Hof Adelpracht Special Late Harvest.
MEER INLIGTING
• Om na ’n video-opname van die voorbereiding van hierdie dis deur die plattelandse sjef Johan van Schalkwyk te kyk, gaan na http://on.fb.me/1CjKlSp
• Gaan na www.drostdyhof.com/za vir meer oor die handelsmerk.
• Volg Drostdy-Hof op Facebook (www.facebook.com/DHWines) en Twitter (www.twitter.com/DrostdyHofSA).