Hierdie resep vir jogurt-en-kondensmelk-beskuit-resep maak ongeveer 80 stukkies
Bestanddele
1,5 kg (9 k) koekmeel
60 ml (4 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
187 ml (¾ k) suiker
500 ml (2 k) natuurlike jogurt
397 g (1 blik) kondensmelk
125 ml (½ k) water
250 g (½ blok) botter
4 eiers
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Sif meel, bakpoeier en sout. Roer suiker by.
- Roer jogurt, kondensmelk en water tot goed gemeng.
- Smelt botter oor lae hitte en laat eenkant om effens af te koel.
- Klits eiers en roer by kondensmelkmengsel. Roer afgekoelde botter by.
- Voeg kondensmelkmengsel by meelmengsel en roer tot goed gemeng. Jy kan ook jou hande gebruik.
- Vorm balletjies en plaas styf teen mekaar in gesmeerde oondpan.
- Bak vir 45 min. of tot toetspen skoon uitkom.
- Keer beskuit uit en breek in stukke.
- Plaas op bakplate en droog oornag uit teen 70 °C met oonddeur effens oop.