Sjef Jean Pierre Smith van die wynplaas Vrede en Lust deel sy passie vir kos en sy resep vir waatlemoenslaai.
Lees hier meer oor dié sjef
Jean Pierre se waatlemoenslaai
Genoeg vir 4
Bestanddele
SLAAI
½ waatlemoen
1 veselperske
granaatpitte
1 klein rooiui
Maldonsout
60 g sagte bokmelkkaas
swartpeper na smaak
mikrokruie vir garnering
PAPAWERSAADSLAAISOUS
50 g vars frambose
30 ml (2 e) framboosasyn
1 knoffelhuisie
90 ml (3 e) druiwesaadolie
½ t papawersaad
Metode
- Sny waatlemoen in vier reghoeke (ongeveer 12 cm x 6 cm x 3 cm).
- Sny oorblywende waatlemoen in klein blokkies.
- Sny veselperske in blokkies.
- Sny rooiui in dun ringe.
- Papawersaadslaaisous Versap frambose, asyn en knoffelhuisie tot gladde mengsel.
- Voeg druiwesaadolie geleidelik by en meng gedurig. Roer laastens papawersaad by.
- Opdiening Sit waatlemoenreghoek op bord en besprinkel met Maldonsout en varsgemaalde swartpeper. Garneer met blokkies waatlemoen en veselperske, granaatpitte, rooiuiringe, bokmelkkaas en mikrokruie. Bedruip met slaaisous.