Het jy al ooit probeer om Indiese tikka masala-hoender te maak? Probeer ons resep!
4 porsies
MARINADE
125 ml (½ k) natuurlike jogurt
15 ml (1 e) suurlemoensap
7,5 ml (½ e ) vars gemmer, gerasper
15 ml (1 e) vars knoffel, fyngekap
2,5 ml (½ t) fyn rooipeper
5 ml (1 t) fyn komyn
4 hoenderborsies, in blokke gesny
sout en peper
SOUS
30 ml (2 e) botter
1 klein rissie, fyngekap (opsioneel)
5 ml (1 t) garam masala
5 ml (1 t) fyn komyn
420 g (1 blik) gekapte tamaties
80 ml (1/3 k) room
5 ml (1 t) bruinsuiker
vars koljander
Stel oond op 200 °C.
Metode
- Marinade Meng al die bestanddele vir marinade. Laat hoender vir paar uur daarin marineer.
- Plaas hoender op gesmeerde bakplaat en rooster in oond vir 5–6 minute of tot bruin.
- Sous Smelt botter in kastrol en braai brandrissie, garam masala en komyn saam.
- Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Voeg hoender, room en suiker by en kook verder.
- Sprinkel met koljanderblare en bedien met naanbrood.