Maak hierdie maklike hoenderwors-rolletjies
20 stukke
Bestanddele
400g (1 pak) hoenderwors
400 g (1 pak) skilferkorsdeeg
1 eier
30 ml (2 e) melk
30 ml (2 e) sesamsaad
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Haal derm van wors af.
- Rol worsmengsel in effe dunner worsie.
- Sit worsie op skilferkorsdeeg en vou deeg bo-oor.
- Sny in reghoekies.
- Meng eier en melk en smeer aan rande van deeg. Bestrooi met sesamsaad.
- Bak vir 25 minute of tot gaar en goudbruin.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.