Bestanddele
12 – 14 hoenderstukke met vel en been
olie, om te braai
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g chorizo, in klein blokkies gesny
1 ui, in klein blokkies gesny
15 ml kaneel
15 ml fyn gemmer
30 ml tamatiepasta
2 blikkies kersietamaties in sap
500 ml hoender-aftreksel
½ ml saffraan
60 ml heuning
5 ml lemoenbloeiselwater (opsioneel)
Metode
- Braai die hoenderstukke ‘n paar op ‘n slag in ‘n swaarboomkastrol met olie tot goudbruin. Sprinkel met sout en varsgemaalde swartpeper terwyl dit braai.
- Hou die hoender eenkant.
- Braai dan die chorizo en uie in dieselfde pot totdat dit ook goudbruin is. Voeg die kaneel, gemmer en tamatiepasta by en braai terwyl jy roer tot alles eweredig vermeng is. Voeg die tamaties by.
- Voeg dan ook die hoender-aftreksel en saffraan by. Bring tot kookpunt en plaas die hoender terug in die pot.
- Laat dit saggies prut totdat die hoender net van die been af wil val – ongeveer een uur.
- Verwyder die hoender uit die pot. Voeg die heuning en lemoenbloeiselwater by en laat die sous vinnig kook vir ongeveer 15 minute. Die sous moet nou lekker kook sodat die tamatiesous konfyterig raak.
Wanneer die sous na wense is plaas die hoender terug daarin en verhit dit voor opdiening.