Maak heerlike hoendersosaties in ’n japtrap
4 porsies
Bestanddele
4 hoenderborsies
1 groen soetrissie
1 rooi soetrissie
1 pynappel, in stukke gesny
16 klein pekeluie
60 ml (¼ k) peri-peri-sous
125 ml (½ k) soetrissiesous
Metode
1 Sny hoender in blokkies van 2,5 cm.
2 Sny soetrissies en pynappel in blokkies van 2,5 cm.
3 Ryg hoender, groenrissie, hoender, pynappel, hoender, rooirissie en laaste ui op sosatiestokkies.
4 Laat lê vir ’n rukkie in sous en bak vir 30 minute. Draai af en toe om en verf met sous.
5 Sit saam met pastarys voor.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.