Bak ’n hoenderrol wat nie net mooi lyk nie, maar ook heerlik smaak
4 porsies
Bestanddele
VULSEL
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml fyn knoffel
1 groot aartappel, gerasper
70 g salami, gekap
125 ml (½ k) sterk kaas, gerasper
80 ml (1/3 k) songedroogde tamaties, fyngekap
15 ml (1 e) vars basiliekruid, gekap
50 g (½ pak) jong spinasie
1 ontbeende hoender
sout en peper
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
1 Braai ui en knoffel tot sag.
2 Sit aartappel in mengbak en gooi uiemengsel, salami, kaas, songedroogde tamaties en basiliekruid by. Meng goed.
3 Skeur twee velle foelie af, smeer met bietjie olie en sprinkel met sout en peper.
4 Sit ontbeende hoender bo-op foelie en maak seker vlerkies en boudjies se vleis is binne.
5 Geur hoender met sout en peper. Pak spinasie oor hele oppervlakte van vleis.
6 Skep vulsel oor spinasie. Rol hoender op en maak met foelie toe.
7 Bak vir 90 minute of tot hoender se sappe helder is. Maak hoender laaste 10 minute oop om te verbruin.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.