Maak lekker hoenderroerbraai!
4–6 porsies
Bestanddele
350 g (1 pak) eiernoedels
bietjie olie
1 ui, in ringetjies gesny
10 ml (2 t) knoffel, fyngekap
10 ml (2 t) gemmer, fyngekap
4 hoenderborsies, in repe gesny
300 g wortels, in julienne-repies gesny
2 00 g murgpampoentjies, in juliennerepies gesny
½ klein rooikoolkop, in julienne-repies gesny
½ geel soetrissie, in dun repies gesny
½ rooi soetrissie, in dun repies gesny
30 ml (2 e) sojasous
5 ml (1 t) visolie
5 ml (1 t) sesam-olie
6 0 ml (¼ k) soetrissie- of brandrissiesous
30 ml (2 e) sesamsaad
Metode
- Kook eiernoedels in water tot sag, dreineer, spoel en hou eenkant.
- Verhit olie in groot pan, braai ui, knoffel en gemmer op hoë hitte. Voeg hoender by en braai verder.
- Voeg groente by en braai tot effe sagter. (Steeds op hoë hitte.)
- Skakel hitte af en giet sojasous, visolie, sesam-olie en rissiesous by.
- Roer noedels en sesamsaad deur. Bedien dadelik.