Sit ‘n lekker tuisgemaakte ete voor en laat Pa só spesiaal voel
• 4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
2 uie, fyngekap
2 selderystingels, fyngekap
knypie droë pietersielie
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
300 g hamsteaks, in blokkies gesny
6 gaar hoenderborsies, gevlok
30 ml (2 e) koekmeel
375 ml (1½ k) hoenderaftreksel
sout en peper na smaak
250 ml (1 k) room
Aartappellaag
3 groot aartappels, geskil en in blokke gesny
750 ml (3 k) hoenderaftreksel
15 ml (1 e) melk
5 ml (1 t) bakpoeier
45 ml (3 e) sagte botter
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Verhit olie en soteer uie, seldery, pietersielie en knoffel tot sag.
2 Voeg sampioene by en soteer tot gaar. Skep uimengsel uit.
3 Gooi nog bietjie olie in pan indien nodig en braai hamblokkies tot gaar. Voeg hoender by en soteer nog bietjie. Voeg koekmeel by en roer tot goed bedek.
4 Roer hoenderaftreksel stadig by terwyl geroer word sodat dit nie klonte vorm nie.
5 Voeg uimengsel by en roer tot goed gemeng. Kook tot verdik.
6 Geur na smaak met sout en peper.
7 Roer room by en kook tot deur warm.
8 Skep in groot oondbak.
9 Aartappellaag Kook aartappels in hoenderaftreksel tot gaar.
10 Gooi aftreksel af en verwyder van plaat.
11 Voeg melk, bakpoeier en botter by aartappels en druk goed fyn.
12 Skep kapokaartappels bo-op hoendermengsel.
13 Bak vir 35 min. of tot aartappels se puntjies goudbruin is.

Wenk Die aartappellaag kan ook met skilferkorsdeeg vervang word vir ‘n vinniger variasie. Onthou om dit dan by 200 °C te bak.