6 porsies
Bestanddele
2 heel hoenders
4 hoenderaftrekselblokkies
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
bietjie olie
3 uie, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
sout en peper
60 ml (4 e) blatjang
60 ml (4 e) suurroom
800 g (2 x 400 g-rolle) skilferkorsdeeg
1 eier
bietjie melk
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Giet genoeg water in pot sodat hoender bedek is en gooi aftrekselblokkies en kruie by. Kook tot gaar. Dreineer en laat afkoel.
2. Verhit olie en soteer uie, knoffel en sampioene tot sag. Voeg sout en peper na smaak by.
3. Verwyder van hitte en roer blatjang en room by.
4. Vlok hoender en roer by uiemengsel.
5. Rol deeg effens dunner op meelbestrooide oppervlak uit. Voer groot ramekinbakkies met deeg uit.
6. Skep hoendervulsel in elke bakkie. Sny stukkies deeg uit en plaas bo-op. Druk randjies vas.
7. Klits eier en melk en verf oor bokant. Bak vir 45 min. of tot goudbruin.