Christia Visser het onlangs op KykNET-program, Kampkos, ‘n hoenderpastapot by ATKV-Natalia gemaak. Hier is die resep
Bestanddele
3 knoffelhuisies
3 eetlepels botter
3 uie
1 pakkie sampioene
1 blok kaas (gerasper)
500g pasta
2 blikkies ingedampte melk
2 liter melk
10 hoenderstukke
4 eetlepels olyfolie
sout en peper na smaak
Metode
- Begin deur die botter en olyfolie in die platboompot op die vuur te gooi.
- Voeg gekapte uie en knoffel by en braai totdat die uie half gaar is. Verwyder uit pot, sodat die mengsel van uie en knoffel nie vas brand nie.
- Voeg die hoender stukke nou in die leë pot (gooi nog olyf olie by indien nodig).
- Braai hoender totdat die bruin verskyn aan albei kante (dit hoef nie heeltemal gaar te wees nie).
- Voeg room en ongeveer twee koppies melk by.
- Voeg weer die uie-en-knoffel-mengsel by en versprei eweredig in die pot.
- Roer af en toe die room-en-melk-mengsel en verseker dat hoender onder die mengsel bly.
- Voet sout en peper by.
- Sodra die hoender gaar is word die pasta en sampioene bo-op die hoender in die pot gepak.
- Voeg ekstra melk by sodat die pasta halfpad bedek word in die vloeistof.
- Sit die pot se deksel op en laat prut sodat die pasta kan gaar word.
- Sodra die pasta gaar is, strooi gerasperde kaas oor en laat staan in die hitte totdat die kaas gesmelt is.