Hierdie hoendergereg met bruinrys is perfek vir ’n weeksaand!
4 tot 6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1,2 kg hoenderstukke
sout en peper
375 ml (1½ k) rou bruin-en-wilderys
187 ml (¾ k) pastarys
200 g (1 pakkie) botterskorsiestukke
250 g (1 pakkie) sampioene
2 rooi uie, in kwarte gesny
5 ml (1 t) gedroogde salie
10 ml (2 t) gedroogde tiemie
625 ml (2½ k) hoenderaftreksel 2 50 ml (1 k) appelsider (Savannah Dry of Hunters Dry)
LEES OOK: Hoender-en-ryskasserol
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Verhit olie in braaipan en verbruin hoenderstukke. Geur met sout en peper. Skep uit en hou eenkant.
- Braai rys in dieselfde pan as hoender. Voeg botterskorsie, heel sampioene, uie en kruie by. Braai tot groente begin verkleur.
- Skep rysmengsel in gesmeerde oondbak van ongeveer 20 cm x 30 cm.
- Skep gebraaide hoenderstukke bo-op.
- Giet aftreksel en appelsider stadig bo-oor. Bedek met foelie.
- Bak vir 60 minute. Indien rys nie heeltemal gaar is nie, voeg nog 125 ml (½ k) warm hoenderaftreksel by en bak verder, ongeveer 20 minute.