Jou mense sal mal wees oor hierdie hoenderfrikkadelle!
Bestanddele
4 porsies
1 klein ui, fyngerasper
300 g gemaalde hoender
10 ml (2 t) hoenderspeserye
5 ml (1 t) gedroogde Italiaanse kruie
½ middelslag-aartappel, gerasper
1 eier
125 ml (½ k) broodkrummels
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Meng al die bestanddele goed saam.
- Maak eetlepelgrootte balletjies en skep in oondbak.
- Bak vir 20 minute. Laat goed afkoel voor jy dit in kosblik bak.