Maak dié lekker hoenderbroodjie vir ’n weeksaand
4 porsies
Bestanddele
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
250 g (1 pakkie) sampioene, gekap
250 ml (1 k) room
sout en peper
knypie neutmuskaat
300 g (1 pak) botterskorsie-spaghetti
1 ontbeende hoender
hoenderspeserye
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
1 Braai uie, knoffel en sampioene saam.
2 Gooi room, sout, peper en neutmuskaat by. Laat kook tot effe dikker.
3 Pak 2/3 van spaghetti in broodpan van 33 cm x 10 cm. Maak ’n nessie deur spaghetti langs kant van broodpan op te vat.
4 Pak helfte van hoender op spaghetti en geur met hoenderspeserye.
5 Gooi helfte van sampioenmengsel op hoender.
6 Herhaal proses met res van hoender en sampioene.
7 Sit laaste van spaghetti bo-op.
8 Bak vir 40 min of tot hoender gaar is.
9 Laat vir 10 minute rus en keer op opdienbord uit.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.