Maak hierdie hoenderbroodjie vir aandete met ‘n lekker slaai!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
1 wortel, geskil en gerasper
2 groot murgpampoentjies, gerasper
500 g gemaalde hoendervleis
187 ml (¾ k) vars witbroodkrummels
80 ml (1/3 k) volroommelk
125 g (½ houer) maaskaas met grasuiegeur
25 g (½ pakkie) sampioenroomsop
2 eiers
10 ml (2 t) gedroogde Italiaanse kruie
sout en peper
Metode
- Verhit bietjie olie en braai ui en knoffel tot gaar. Voeg wortel en murgpampoentjies by en braai verder. Laat bietjie afkoel.
- Roer oorblywende bestanddele by uiemengsel.
- Spuit broodpan van 22 cm x 12 cm met kossproei en skep vulsel daarin. Maak gelyk bo-op.
- Bak vir 40 minute of tot gaar in middel.
- Sit saam met groen slaai voor.