Hoender is altyd ’n treffer en hier is nog resepte wat jy by jou gunstelinge kan voeg
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS Assistent Cliffor d Korff Foto’s ANDREA CALDWELL
6 porsies
60 ml (4 e) olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
4 kardemomsade
250 ml (1 k) rou basmatirys
5 ml (1 t) sout
500 ml (2 k) water
400 g (1 blik) lensies, gedreineer
HOENDER
5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) fyn gemmer
20 ml (4 t) garam masala
10 ml (2 t) fyn komyn
10 ml (2 t) fyn koljander
12 hoenderstukke
1 Verhit olie en soteer uie en knoffel tot uie sag is.
2 Voeg kardemomsade, basmatirys en sout by. Voeg water by en laat prut rys vir 15 minute oor matige hitte. Dit hoef nie heeltemal gaar te wees nie.
3 Skep helfte van rys uit.
4 Skep lensies bo-op.
5 Hoender Meng borrie, gemmer, garam masala, komyn en koljander tot gemeng. Vryf mengsel goed in hoenderporsies in.
6 Plaas hoenderporsies op lensies in kastrol.
7 Skep oorblywende rys bo-op.
8 Giet nog 250 ml (1 k) water bo-oor gereg in kastrol. Plaas kastrol se deksel op.
9 Draai hitte van stoofplaat op hoog sodat dit vinnig kan warm word, ongeveer vier minute. Draai stoofplaat op baie lae hitte en laat breyani stoom met kastrol se deksel skuins bo-op vir een uur of tot hoender deurgaar is en vog weggekook het.
10 Sit warm voor.