4 porsies
Bestanddele
HOENDER
4 hoenderborsies, ontvel en ontbeen
2 hoenderaftrekselblokkies
sout en peper na smaak
SOUS
bietjie olie
45 ml (3 e) blatjang
45 ml (3 e) soetrissiesous
45 ml (3 e) suurlemoensap
115 g (1 blikkie) grenadellapulp
5 ml (1 t) mielieblom
Metode
1. Hoender: Kook hoenderborsies in hoenderaftreksel tot net gaar. Dreineer.
2. Verhit bietjie olie in pan en soteer borsies aan albei kante tot goudbruin. Sprinkel met sout en peper. Hou warm terwyl sous gemaak word.
3. Sous: Verhit bestanddele behalwe mielie¬blom.
4. Maak mielieblom met bietjie water tot gladde pasta aan en roer by warm sous. Laat prut tot sous begin verdik.
5. Sit sous warm saam met hoender voor.