4 porsies
Bestanddele
HOENDERBORSIES
4 hoenderborsies
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
250 g (1 pakkie) groenboontjies
250 g (1 pakkie) murgpampoentjies, in repies gesny
bietjie olie
sout en peper
AARBEISOUS
125 ml (½ k) witwyn
250 g (1 pakkie) aarbeie, gewas en ontstingel, verpulp
5 ml (1 t) suurlemoensap
5 ml (1 t) brandewyn
pas gemaalde swartpeper
125 ml (½ k) ingedampte melk, verkoel in yskas
Metode
1. Hoenderborsies: Kook hoenderborsies in aftreksel tot net gaar. Dreineer en hou eenkant.
2. Giet van aftreksel af en kook groenboontjies en murgpampoentjies tot net gaar in oorblywende aftreksel. Dreineer en hou tot benodig.
3. Verhit bietjie olie in riffelpan en plaas hoenderborsies daarop. Braai tot goudbruin aan elke kant.
4. Skep groente in borde, plaas hoenderborsie bo-op en rond met aarbeisous af.
5. Aarbeisous: Verhit wyn tot kookpunt en laat borrel tot helfte van wyn weggekook het.
6. Voeg aarbeie, suurlemoensap, brandewyn en swartpeper by. Laat prut vir 1 min. en verwyder van hitte.
7. Klits ingedampte melk tot dik en voeg aarbeimengsel daarby. Hou aan met klits tot goed dik.
8. Sit sous dadelik saam met hoender voor.