4 porsies
Pasta
500 g skulppasta
10 ml (2 t) olie
5 ml (1 t) sout
500 g skulppasta
10 ml (2 t) olie
5 ml (1 t) sout
Hoenderbolognese
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2 selderystingels, fyngekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
1 ml droë pietersielie
600 g hoendermaalvleis
1 ml sout
swartpeper na smaak
knypie rooipeper
410 g (1 blik) gekapte tamaties
30 ml (2 e) blatjang
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
1 Verhit water tot kookpunt en roer olie en sout daarby. Voeg pasta by en kook vir ongeveer 12 minute tot al dente.
2 Dreineer en roer ekstra olie deur pasta sodat dit nie aan mekaar kleef nie.
3 Hoenderbolognese Verhit olie en soteer ui en knoffel tot deurskynend.
4 Voeg seldery, kruie en pietersielie by en soteer vir nog vier minute.
5 Voeg maalvleis, sout en rooipeper by. Braai tot maalvleis gaar is. Roer gereeld sodat maalvleis fyn is wanneer dit heeltemal gaar is.
6 Roer tamaties en blatjang by en laat oor matige hitte vir 12 minute of tot minder souserig prut.
7 Skep pasta in oondbak van ongeveer 25 cm x 35 cm. Skep hoenderbolognese bo-op.
8 Sprinkel kaas oor en plaas onder roosterelement vir ses minute of tot kaas net gesmelt is.
9 Sit dadelik voor.