Hierdie hoender-sampioen-en-tamatie-kasserol is vinnig en maklik om te maak!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
15 ml (1 e) groentesout
varsgemaalde peper
10 ml (2 t) gedroogde basiliekruid
1 suurlemoen se sap en skil
8 stukke hoenderporsies
250 g sampioene, in helfte gesny
200 g kersietamaties
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Meng olie, sout, peper, basiliekruid en suurlemoensap- en skil saam.
- Vryf soutmengsel oor hoender en plaas in oondbak.
- Gooi sampioene en tamaties oor hoender. Bedek met foelie.
- Bak vir 30–40 minute of tot hoender gaar is. Haal foelie af as 10 minute van baktyd oor is. Bedien met rys en slaai.