Maak hoender-parma vir aandete!
4 porsies
Bestanddele
4 hoenderfilette
sout en peper
125 ml (½ k) meel
1 eier
30 ml (2 e) melk
180 ml (¾ k) broodkrummels
4 stukke ham, soos parmaham
250 ml (1 k) tamatiepastasous
250 ml (1 k) wit cheddarkaas, gerasper
Metode
- Sny hoenderborsies horisontaal, maar nie deur nie. Dit moet soos ’n skoenlapper lyk. Kap effe platter met vleishamer.
- Sprinkel hoender met sout en peper. Rol in meel. Klits eier en melk en rol hoender daarin en dan in broodkrummels.
- Braai in vlak olie tot gaar.
- Sit hoender op bakplaat en plaas stukkie ham op elke stuk.
- Gooi omtrent 60 ml tamatiesous oor ham en sprinkel goed met kaas.
- Sit onder roosterelement en rooster tot bruin.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.