4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
bietjie hoenderspeserye
8 hoenderporsies
ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars gekapte knoffel
2 chorizoworsies, in skyfies gesny
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
sout en peper na smaak
20 ml (4 t) koekmeel
410 g (1 blik) geroomde mielies
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
Metode
1. Verhit olie in kastrol. Smeer hoenderspeserye in hoenderstukkies in.
2. Braai hoender tot bruin aan buitekant. Dit hoef nog nie heeltemal gaar te wees nie. Skep in oondbak met deksel.
3. Verhit nog olie indien nodig en soteer ui en knoffel tot sag.
4. Voeg wors en kruie by. Soteer nog bietjie.
5. Voeg sout, peper en koekmeel by. Roer tot worsies goed bedek is.
6. Voeg mielies en hoenderaftreksel by en kook sous tot dikkerig. Gooi sous bo-oor hoenderstukkies.
7. Plaas deksel op en bak in oond vir 30 min.