Maak hierdie hoender gevul met soutbeskuitjies vir aandete
4 porsies
Bestanddele
1 heel hoender
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel, gekap
bietjie olie
60 ml (¼ k) pietersielie, gekap
1 00 g (½ pakkie) sampioene, fyngekap
½ boks spekgegeurde beskuitjies
olie vir bo-op
sout en peper
Metode
- Braai uie en knoffel in olie tot sag.
- Spoel hoender onder koue water af.
- Gooi pietersielie en sampioene by uie en braai verder tot sag.
- Druk beskuitjies fyner en meng sampioenmengsel deur.
- Druk mengsel in hoenderholte.
- Bind hoender met kombuistou vas.
- Bak vir 40–60 minute.