Maak hoender-enchiladas vir aandete!
4–6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) knoffel
5 gaar hoenderborsies
5 ml (1 t ) fyn koljander
5 ml (1 t) fyn komyn
2,5 ml (½ t) rooipepervlokkies
2,5 ml (½ t) paprika
250 ml (1 k) bevrore mielies
375 ml (1½ k) witsous, medium dikte
sout en peper
6 tortillas
352 g (1 bottel) enchiladasous
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
Metode
- Verhit olie en braai ui en knoffel tot sag.
- Voeg hoender, speserye en mielies by en braai verder.
- Giet witsous by hoendermengsel en bring tot kookpunt. Geur met sout en peper.
- Skep 1/6 van hoendermengsel in tortilla en rol op. Plaas in oondbak. Herhaal proses met res van tortillas.
- Giet enchiladasous oor tortillas, sprinkel met kaas. Plaas in oond vir 20 minute of tot kaas gesmelt is.